Return to English
version
Gewilde vrae
Watter dink mense wat reeds by Squirrel & Vine gebly het van die plek?

Lees kommentaar deur gaste hier

Kan ek aanlyn met my debiet- of kredietkaart betaal?

Ja. Volg asb. hierdie skakel na ons besprekingsblad
Indien u ons met 'n navraag kontak in plaas daarvan om aanlyn te bespreek, het u steeds die opsie om per
debiet- of kredietkaart te betaal
M
astercard en Visa word aanvaar

Waar word die sleutels afgehaal, en watter tye kan dit afgehaal word?

Die sleutels word gewoonlik by 'n derdeparty-perseel gehou waar dit 24 uur per dag beskikbaar is - gaste kan
om hierdie rede ter enige tyd inklok

Is die woonstel geskik vir drie volwassenes?

Slegs indien u die slaapgeriewe aanvaarbaar vind: een ekstra-lengte koningingrootte bed in die slaapkamer, en
een enkelbedgrootte slaapbank in die sitkamer. Die slaapbank het 'n plat matras, en is nie die uittrek-tipe wat
soms ongemaklik kan wees nie

Is dit moontlik om 'n groep van meer as drie mense te huisves?

Ongelukkig nie. Nie net laat die slaapgeriewe dit nie toe nie, maar munisipale en eiendomsbeperkings verbied
ons om meer as drie mense in die woonstel te huisves op enige gegewe tydstip

Is daar 'n vereisde minimum aantal nagte?

Nee. Ons oorweeg alle navrae, insluitende die vir een nag, aan die hand van beskikbaarheid

Is daar nog 'n eenheid beskikbaar?

Ongelukkig het ons op die oomblik net een eenheid. Ons mag egter in staat wees om u na 'n soortgelyke fasiliteit
te verwys

Waarom is dit nodig om te laat weet wat die presiese aantal gaste is?

Alhoewel tariewe gehef word vir die woonstel as geheel, benodig ons steeds die presiese aantal gaste ten
einde te verseker dat ons die woonstel reg voorberei (bv. dat ons genoeg handoeke beskikbaar maak)

Wat het verander sedert my laaste besoek?

September 2005: Afstandbeheerde lugversorging dwarsdeur die woonstel geinstalleer
Junie 2006: Badkamer vergroot en vernuwe
Desember 2006: Wasmasjien geinstalleer
Maart 2007: Permanente
satelliet-TV beskikbaar