Verblyf Stellenbosch Selfsorg - Verblyf in Stellenbosch Suid-Afrika, Kaapstad Wynland
Return to English
version
Squirrel & Vine

Selfsorg-verblyf, Stellenbosch, Suid-Afrika
Squirrel & Vine is 'n selfsorg-woonstel in die historiese kern van Stellenbosch aan Hertestraat, net om die hoek van Dorpstraat. Dit
bied ideale verblyf vir die reisiger wat moderne, gerieflike luuksheid in 'n private opset in die hart van Stellenbosch verlang.

Die bekende 'Oom Samie se Winkel' is 150 meter van die woonstel af, en die Stellenbosch Toerisme & Inligtingsburo is slegs 250
meter weg.

Talle gesellige koffiewinkels, uitstekende restaurante, museums en ander historiese besienswaardighede is binne stapafstand.
Squirrel & Vine is in die hart van Stellenbosch se toeristegebied, en Hertestraat is 'n eikeboomryke eenrigtingstraat. Die
tweeverdieping woonstelgebou waarin Squirrel & Vine geleë is, 'Die Pieke', bestaan uit twaalf woonstelle wat aan privaateienaars
behoort.

Fasiliteite
Een slaapkamer met ekstra-lengte koningingrootte bed, een enkelmatras op doelgemaakte slaapbank in sitkamer
'n Maksimum van drie gaste kan geakkommodeer word
Ten volle toegeruste granietkombuis, insluitende yskas, oond, stoof en mikrogolfoond
Wasmasjien
Privaatbalkon wat op Hertestraat uitkyk
Lugversorging,
satelliet-televisie, videomasjien, elektroniese kluis
Geleë binne 'n sekuriteitskompleks
Beveiligde onderdakparkeerplek binne-in die kompleks
Linne en handdoeke voorsien
Vure word nie in hierdie historiese deel van die dorp toegelaat nie - braaigeriewe word om hierdie rede nie voorsien nie
Rookbeleid: slegs op balkon
Debiet- en kredietkaarte aanvaar

Kontakbesonderhede
E-pos: info@squirrelaccommodation.com
Foon: (073) 491 7072 (internasionaal: +27 73 491 7072
Alternatiewe foon: (082) 579 0272 (internasionaal: +27 82 579 0272)
Faks:(086) 652 3360 (slegs fakse vanaf Suid-Afrika)
Alternatiewe faks: (021) 886 4172 (internasionaal: +27 21 886 4172)
Posbus 12152, Die Boord, Stellenbosch, 7613, Suid-Afrika

Lees uittreksels uit Squirrel & Vine se gasteboek

Druk brosjure
Slaapkamer
Kombuis
 
Web www.squirrelaccommodation.com


Tourism Grading
Council of South Africa
Bespreek &
betaal aanlyn -
klik hier