Squirrel & Vine Selfsorgwoonstel, Stellenbosch, Suid-Afrika
Gewilde vrae
Wat dink gaste wat reeds oorgebly het van Squirrel & Vine? Lees gaste se kommentaar hier
Kan ek aanlyn betaal met my debiet- of kredietkaart? Ja. Om aanlyn te bespreek, volg hierdie skakel na die besprekingsblad Indien u ons kontak met 'n navraag in plaas daarvan om aanlyn te bespreek, kan u steeds per debiet- of kredietkaart betaal Mastercard en Visa word aanvaar
Wat is die in- en uitkloktye? Inklok nie voor 14h00 op die dag van aankoms nie en vertrek teen 10h30. Maak asb. seker dat hierdie tye u pas voordat u bespreek - weens hoe verblyfsyfers is ons tye ongelukkig nie buigsaam nie. Wees egter verseker dat daar 'n groot verskeidenheid uitstekende restaurante, winkels, koffiewinkels en museums in Stellenbosch is - baie naby die woonstel - waar u dit sal geniet om tyd te verwyl indien nodig. Indien u voor 14h00 moet inklok of na 10h30 moet vertrek, is Squirrel & Vine nie 'n geskikte opsie nie. Laat aankoms, selfs na-ure, is geen probleem
Waar kry ons die sleutels, en gedurende watter tye kan ons dit afhaal? Die sleutels is 24 uur per dag beskikbaar - gaste kan dus enige tyd na 14h00 inklok. Ongelukkig is aankoms voor 14h00 nie moontlik nie.
Is die woonstel geskik vir 3 grootmense? Slegs indien u die beduitleg aanvaarbaar vind: een ekstra-lengte koningingrootte bed in die slaapkamer en een enkelbedgrootte matras op 'n doelgemaakte bank in die sitkamer. Die slaapbank het 'n plat matras en is nie die uitvou-tipe wat soms ongemaklik is nie
Is dit moontlik dat meer as 3 mense kan oorbly? Ongelukkig nie. Behalwe vir die feit dat die beduitleg nie daarvoor voorsiening maak nie, verhoed munisipale en eiendomsregulasies ons ook daarvan om meer as 3 mense toe te laat
Is daar 'n minimumverblyf? Gewoonlik nie. Ons oorweeg alle navrae, insluitende die vir slegs een nag, volgens beskikbaarheid. In die somer aavaar ons egter soms nie vooruitbesprekings vir slegs een nag oor naweke nie, tensy die ander aande reeds geneem is as deel van 'n langer bespreking. Doen gerus navraag
Is daar nog 'n eenheid beskikbaar? Lees meer oor die tweeslaapkamer selfsorghuisie hier
Waarom is dit nodig om die aantal gaste te meld? Alhoewel tariewe vir die woonstel as geheel gehef word, moet ons die aantal gaste weet sodat ons die woonstel korrek voorberei
Wat moet ek saambring? Die volgende word voorsien - nie nodig om saam te bring nie: hangers, handdoeke, haardroer, seep, sjampoe, lyfroom, badskuim, toiletpapier, opwasmiddel, opwaslappe, ys, wynkroeg, een sambreel, bababed (laat weet asb. vooruit as u dit gaan benodig), asook 'n wegspring-hoeveelheid koffie, tee, suiker en versoeter. Daar is 'n 24-uur gerieflikheidswinkel in Dorpstraat, enkele meters vanaf die woonstel. Die Stellenbosch Checkers-sentrum (met 'n groot supermark wat gedurende besigheidsure oop is) is ook binne loopafstand van die woonstel, in Dorpstraat.
Ek is versigtig om selfsorgverblyf aanlyn te bespreek - hoe weet ek hierdie woonstel bestaan werklik? In geval van enige onsekerheid, kontak asb. die Stellenbosch Toerisme- en Inligtingsburo (ook moontlik om hulle kantoor in Markstraat in sentraal-Stellenbosch te besoek) of die Tourism Grading Council of South Africa (TGCSA). Oor die algemeen is bedrog-bladsye nuut, so dit kan help om 'n internet-hulpmiddel (soos Wayback) te gebruik om die ouderdom van blad te bepaal. So 'n hulpmiddel sal uitwys dat ons blad in 2005 geregistreer is.
Wat het sedert my vorige besoek verander? September 2005: Afstandbeheerde lugversorging dwarsdeur woonstel aangebring Junie 2006: Badkamer vergroot en verbeter Desember 2006: Wasmasjien geinstalleer Maart 2007: Satelliet TV permanent beskikbaar Mei 2008: DVD-speler geinstalleer Oktober 2009: Satelliet TV opgegradeer na volle DSTV-pakket Desember 2010: Kampeerkot en beddegoed beskikbaar vir baba (laat weet asb. as u dit wil gebruik) Mei 2011: Wynverkope en gratis bottel wyn Desember 2011: LED televisie Mei 2013: Gelamineerde vensters reguleer klank en temperatuur November 2013: Ekstra-lengte koning-grootte bed (voorheen ekstra-lengte koningin-grootte bed) Julie 2014: Nuwe vloere Maart 2015: HD-kanale kan op satellietpakket gekyk word July 2016: Onbeperkte WiFi